Dolly Parton
Dolly Parton | |
|---|---|
Dolly Parton in 1977 | |
| Agtergrondinligting | |
| Geboortenaam | Dolly Rebecca Parton |
| Gebore | 19 Januarie 1946 Pittman Center, Tennessee, Verenigde State |
| Sterf | 25 Augustus 2026 (op 80) Nashville, Tennessee, Verenigde State |
| Genres | Country |
| Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer, aktrise, skrywer, sakevrou |
| Instrumente | Stem, kitaar, banjo, siter, klavier |
| Jare aktief | 1956–2026 |
| Etikette | Goldband (1959–1965) Monument (1965–1967) RCA (1967–1986) CBS (1987–1995) Rising Tide (1995–1998) Decca (1997–1998) Blue Eye (1998–1999) Sugar Hill (1998–2005) Dolly (2006–2026) |
| Assosiasies | Porter Wagoner, Kenny Rogers, Emmylou Harris, Linda Ronstadt, Loretta Lynn, Tammy Wynette, Shania Twain, Randy Parton, Stella Parton, The Larkins, Altan, Billy Ray Cyrus |
| Webwerf | www.dollyparton.com www.dollypartonmusic.net |
Dolly Rebecca Parton (19 Januarie 1946 – 25 Augustus 2026) was 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, multi-instrumentalis en filantroop bekend vir haar werk in countrymusiek. In die vier en 'n half dekades sedert haar nasionale trefferlys- debuut was sy een van die suksesvolste vroulike kunstenaars in die geskiedenis van die countrygenre, wat aan haar die titel "Die Koningin van Countrymusiek" besorg het[1] met vyf-en-twintig nommereen-enkelsnitte,[2] en 'n rekord een-en-veertig toptien-countryalbums.[3] Sy was bekend daarvoor dat sy in elk van die laaste vyf dekades 'n topvyf-countrytreffer opgelewer het en dat sy die enigste kunstenaar was om in elk van die laaste vier dekades 'n nommereen-countryenkelsnit vry te stel.[4] Sy was bekend vir haar kenmerkende sopraanstem,[5] soms onnutsige humor, flambojante drag en wulpse karakter.
Haar jonger broer, Randy Parton (1953–2021), was ook 'n countrysanger en akteur. Hy het per geleentheid vir Dolly baskitaar gespeel.[6]
Parton is op 25 Augustus 2026 in Nashville, Tennessee, oorlede ná 'n kort stryd teen kanker.[7]
Diskografie
[wysig | wysig bron]- Sha-Kon-O-Hey! Land of Blue Smoke (2009)
- Backwoods Barbie (2008)
- Those Were the Days (2005)
- For God and Country (2003)
- Halos & Horns (2002)
- Little Sparrow (2001)
- The Grass Is Blue (1999)
- Hungry Again (1998)
- Treasures (1996)
- Something Special (1996)
- Slow Dancing with the Moon (1993)
- Eagle When She Flies (1991)
- White Limozeen (1989)
- Rainbow (1987)
- Real Love (1985)
- The Great Pretender (1984)
- Burlap & Satin (1983)
- Heartbreak Express (1982)
- 9 to 5 and Odd Jobs (1980)
- Dolly, Dolly, Dolly (1980)
- Great Balls of Fire (1979)
- Heartbreaker (1978)
- Here You Come Again (1977)
- New Harvest... First Gathering (1977)
- All I Can Do (1976)
- Dolly: The Seeker/We Used To (1975)
- The Bargain Store (1975)
- Love Is Like a Butterfly (1974)
- Jolene (1974)
- Bubbling Over (1973)
- My Tennessee Mountain Home (1973)
- My Favorite Songwriter: Porter Wagoner (1972)
- Touch Your Woman (1972)
- Coat of Many Colors (1971)
- Golden Streets of Glory (1971)
- Joshua (1971)
- The Fairest of Them All (1970)
- My Blue Ridge Mountain Boy (1969)
- In the Good Old Days (When Times Were Bad) (1969)
- Just Because I'm a Woman (1968)
- Hello, I'm Dolly (1967)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Joel Whitburn (2005). Top Country Songs 1944–2005. Billboard/Record Research. p. 578. ISBN 978-0-89820-165-9.
- ↑ (en) Fred Bronson (23 Junie 2006). "Chart Beat". Billboard. Besoek op 29 April 2009. [dooie skakel]
- ↑ (en) "Dolly Parton Music.net". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2010. Besoek op 2 Januarie 2010.
- ↑ (en) "'Going' All The Way To No. 1, Dolly's 25th!". Dollymania. 22 Februarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 23 September 2015.
- ↑ (en) "Dolly Parton coming back in Omaha on Monday". Omaha World Herald. Besoek op 12 Desember 2009. [dooie skakel]
- ↑ (en) Thomas Goldsmith (13 Julie 2012). "Roanoke Rapids OKs electronic gambling at landmark theater". The News & Observer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2012. Besoek op 15 Julie 2012.
- ↑ (en) "Dolly Parton, legendary US country singer, dies aged 80". BBC. 25 Augustus 2026. Besoek op 25 Augustus 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Dolly Parton. |
- (en) Amptelike webwerf
- (en) Amptelike musiekwebwerf Geargiveer 22 Junie 2015 op Wayback Machine
- (en) Onafhanklike aanhangerswebwerf
- (en) Internetrolprentdatabasis-profiel
- (en) MusicBrainz-profiel