Gaan na inhoud

Sanaa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sanaa
صنعاء

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Jemen Jemen
 Provinsie San‘a’ Governorate
 Koördinate 15°24′N 44°12′O / 15.400°N 44.200°O / 15.400; 44.200
 Gestig op 6de Eeu v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal vk km
 Hoogte bo seevlak
 Bevolking:  
 - Totaal (2004) 1 747 627
 - Bevolkingsdigtheid /vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 167 961
 Tydsone UTC +03:00
 Burgemeester Ahmed Al-Douaid

Sanaa (Arabies: صنعاء - ook gespel Sanaʽa of Sana) is die amptelike hoofstad en grootste stad van Jemen. Die stad het in 2004 'n bevolking van 1 747 627 gehad. Die historiese stadskern van Sanaa is in 1986 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Onder die Jemenitiese grondwet is Sanaa die hoofstad van die land,[1] hoewel die setel van die internasionaal erkende regering na Aden verhuis het na die 21 September-rewolusie. Aden is in Maart 2015 deur president Abdrabbuh Mansur Hadi tot die tydelike hoofstad verklaar.[2]

Demografie

[wysig | wysig bron]
Mense van Sanaʽa
'n Mark in Sanaʽa
JaarBevolking
191118,000[3]
192125,000[4]
193125,000
194080,000
1963100,000
1965110,000
1975134,600[5]
1981280,000
1986427,505
1994954,448
20011,590,624
20041,748,000 (Metro-Sensus[6])
20051,937,451[7]

Die bevolkingsgroei van die stad het vanaf die 1960's verder gestyg as gevolg van massale landelike migrasie na die stad op soek na werk en 'n verbeterde lewenstandaard.[8] Sanaʽa was in 2010 die vinnigste groeiende hoofstad ter wêreld met 'n groeikoers van 7%,[9] terwyl die groeikoers van die land as geheel 3,2% was.[10] Ongeveer 10% van die bevolking woon in die Ou Stad, terwyl die res in die buite distrikte woon.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "Yemen's embattled president declares southern base temporary capital" (in Engels). DPA International. 21 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 21 Maart 2015.
  2. ↑ "Yemen's President Hadi declares new 'temporary capital'" (in Engels). Deutsche Welle. 21 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2015. Besoek op 21 Maart 2015.
  3. ↑ Wavell, bl.245.
  4. ↑ Statesman's Year Book, 1922, bl.1367.
  5. ↑ Hestler, bl.56.
  6. ↑ Aldosari, bl.134.
  7. ↑ Bosworth, bl.463.
  8. 1 2 Ring and Salkin, bl.631.
  9. ↑ "Sanaʽa running out of water with no plan to save it" (in Engels). The Global Urbanist. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2018. Besoek op 23 Maart 2010.
  10. ↑ "At a glance: Yemen – Statistics". UNICEF. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2019. Besoek op 19 Desember 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]